Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 66:22-24 Die Boodskap (DB)

22. Julle nageslag en julle naam sal voortbestaan, sê die Here, net so seker as wat die nuwe hemel en aarde wat Ek maak, voor My sal bly staan.

23. Almal wat leef, sal maand vir maand en week vir week kom om tot My te bid, sê die Here.

24. As hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van almal wat teen My in opstand gekom het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie. Die vuur waarin hulle brand, sal nooit doodgaan nie. Dit sal vir almal iets afgrysliks wees.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 66