Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Wie is dit wat daar van Edom af aankom? Wie is dit wat van Bosra af kom met sulke helder rooi klere? Wie is dit wat so flink aangestap kom met daardie klere? Dit is Ek, die Here. Ek kom vir julle sê dat Ek julle gaan red. Ek het die krag om julle vry te maak.

2. Maar waarom is u klere dan so rooi gevlek soos iemand wat in die wynpers druiwe uit- getrap het?

3. Ek het die nasies in die parskuip gaan trap soos druiwe. Ek was alleen. Niemand het My gehelp nie. Ek het hulle in my woede uitgetrap soos druiwekorrels. Ek was kwaad en Ek het hulle stukkend getrap. Hulle bloed het op my klere gespat. Dit het my klere vuil gemaak.

4. Ek het besluit dat dit die regte tyd was om die volke te straf. Die tyd het gekom om my volk te bevry.

5. Ek het gekyk, maar niemand gesien wat My kon help nie. Ek was verbaas dat daar niemand was om My te ondersteun nie. My woede het die oorhand gekry en Ek het dit met my eie krag gedoen.

6. Ek was so kwaad dat Ek die nasies in die grond in getrap het. Ek het hulle in my woede laat steier en hulle bloed oor die aarde laat uitloop.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63