Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59:4-10 Die Boodskap (DB)

4. Niemand is meer eerlik as hy iets sê nie. Die uitspraak van die hof kan jy nie vertrou nie. Elkeen reken op beloftes wat nooit nagekom word nie. Jy kan niemand meer op sy woord neem nie. Alles loop uit op bedrog. Al wat van iemand se woorde kom, is kwaad.

5. Dit lê slangeiers en spin ’n spinneweb vir spinnekoppe. Die een wat hierdie eiers eet, gaan daarvan dood. Breek jy dit oop, kruip daar slange uit.

6. Met die spinnerak van hulle woorde kan jy nooit vir jou klere maak nie. Wat hulle doen, is goed vir niks. Trouens, al wat van hulle geknoei kom, is misdaad. Hulle hande bring net geweld.

7. Hulle hardloop agter die kwaad aan. Hulle huiwer nie ’n oomblik om iemand dood te maak nie. Hulle dink skelm dinge uit. Hulle laat ’n spoor van verwoesting agter hulle waar hulle gaan.

8. Hulle ken nie so iets soos vrede nie. Op hulle pad bestaan daar nie so iets soos regverdigheid nie. Hulle paaie is vol kronkels en draaie. Dié wat saam met hulle loop, kom nooit tot rus nie.

9. Daar is niemand onder ons wat reg doen nie. Ons ken nie meer regverdigheid nie. Ons wag verniet dat dit moet verander. Alles bly net soos dit is. Ons strompel maar voort in die stikdonker.

10. Ons loop soos blindes voel-voel teen ’n muur. Ons tas rond soos mense sonder oë. Ons val oor ons voete asof ons in die donker loop terwyl dit helder dag is. Tussen mense wat springlewendig is, is ons soos dooie lyke.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 59