Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Dit is nie of die Here julle nie kan bevry nie. Dit is ook nie dat Hy nie na julle wil luister nie.

2. Dit is oor julle oortredings dat Hy niks van julle wil weet nie. Julle en julle God het vreemd geword vir mekaar. Julle sonde het gemaak dat Hy die rug vir julle gedraai het. Hy wil nie eers meer na julle luister nie.

3. Julle hande is vol bloed. Misdaad klou aan julle vingers. Julle verkoop leuens. Julle beplan slegte dinge.

4. Niemand is meer eerlik as hy iets sê nie. Die uitspraak van die hof kan jy nie vertrou nie. Elkeen reken op beloftes wat nooit nagekom word nie. Jy kan niemand meer op sy woord neem nie. Alles loop uit op bedrog. Al wat van iemand se woorde kom, is kwaad.

5. Dit lê slangeiers en spin ’n spinneweb vir spinnekoppe. Die een wat hierdie eiers eet, gaan daarvan dood. Breek jy dit oop, kruip daar slange uit.

6. Met die spinnerak van hulle woorde kan jy nooit vir jou klere maak nie. Wat hulle doen, is goed vir niks. Trouens, al wat van hulle geknoei kom, is misdaad. Hulle hande bring net geweld.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 59