Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 55:10-13 Die Boodskap (DB)

10. Die reën val op die aarde en die sneeu val uit die lug. Dit gaan nie weer terug na waar dit vandaan kom nie. Dit bly in die grond en laat die plante groei. Dit laat die plante saad maak om te oes. Dit gee kos om te eet.

11. Net so sal dit wat Ek sê, nie weer na My toe terugkom nie. Dit sal vrugte dra. Dit sal alles doen wat Ek besluit het. Dit sal laat gebeur waarvoor Ek dit gestuur het.

12. Julle sal baie bly wees wanneer julle uit Babel weggaan. Ek sal julle in vrede laat weggaan. Die berge en die heuwels sal van vreugde sing as julle verbykom. Die bome in die veld sal hande klap van blydskap.

13. Waar daar doringbosse was, sal daar sipresbome opkom. In die plek van onkruid sal daar mirtebome groei. Dit sal ’n teken wees van die grootheid van die Here. Niemand sal dit ooit kan ontken nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 55