Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 54:6-14 Die Boodskap (DB)

6. Jy is soos ’n vrou wat weggejaag is en wat seergekry het, soos ’n jong vrou wat op die straat uitgegooi is. Maar die Here roep jou terug en Hy sê vir jou:

7. Ek het jou vir ’n klein tydjie verstoot, maar Ek vat jou nou met groot liefde weer terug.

8. In ’n oomblik van woede het Ek die rug vir jou gedraai. Ek vat jou egter terug met liefde wat nooit sal ophou nie. So sê die Here wat jou bevry.

9. Ek het in Noag se tyd belowe dat Ek nooit weer ’n watervloed oor die aarde sal laat kom nie. Ek belowe nou net so dat Ek nie weer in woede teen jou sal uitbars en jou straf nie.

10. Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.

11. Arme Jerusalem! Jy is deur storms geteister. Niemand het vir jou omgegee nie. Ek gaan jou met sierstene herbou. Ek gaan saffier in jou fondamente lê.

12. Ek sal jou torings met robyne uitlê. Ek sal robyne in jou poorte inmessel. Ek sal edelstene teen jou mure vassit.

13. Die Here self sal jou inwoners leer. Hulle sal vrede en voorspoed hê.

14. Daar sal geregtigheid in die stad wees.Jy hoef nie bang te wees dat ander julle sal kom onderdruk nie. Niemand sal naby jou kom om jou skrik te maak nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 54