Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 48:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Hoor ’n bietjie hier, nageslag van Jakob. Julle word Israel genoem. Julle is die nageslag van Juda. Julle maak belangrike verklarings in die Naam van die Here. Julle lê ’n eed af in die hof in die Naam van die God van Israel. Maar julle is vals en oneerlik.

2. Julle spog daarmee dat julle in God se stad Jerusalem bly. Julle sê graag die God van Israel staan agter julle. Julle sê die Here wat die hemelse magte aanvoer, is aan julle kant.

3. Ek het vantevore al vir julle gesê wat gaan gebeur. Ek het julle dit uit my eie mond laat hoor. Ek het onverwags gedoen wat Ek gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 48