Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:8-13 Die Boodskap (DB)

8. Dink ’n bietjie hieroor na en besluit vir julleself. Julle wat so in opstand is teen My, moet julleself ondersoek.

9. Laat julle gedagtes teruggaan na alles wat lankal al gebeur het. Ek is tog mos die enigste God. Daar is nie nog ’n ander een buiten My nie.

10. Net Ek kan sê wat uiteindelik gaan gebeur. Ek kan voor die tyd al praat oor die dinge wat selfs nog nie eens gebeur het nie. Wat Ek besluit het, staan vas. Wat Ek wil laat gebeur, gebeur uiteindelik.

11. Ek roep ’n man uit die ooste. Soos ’n roofvoël kom hy van ’n ver plek aangevlieg. Ek laat hom doen wat Ek besluit het. Ek laat dit gebeur soos Ek dit beplan het.

12. Luister tog na My, julle met julle hardkoppigheid en julle onregverdigheid.

13. Die bevryding is baie naby. Ek sal nie lank wag voor Ek julle verlos nie. Ek sal Sion red. Ek sal vir Israel wys hoe wonderlik Ek is.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46