Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Met wie kan julle My vergelyk? Met watter ander persoon kan julle My gelykstel?

6. Mense wat geld het, huur ’n man wat met goud werk. Hy maak vir hulle ’n beeld van ’n afgod. Hulle buig dan voor die beeld en aanbid die beeld.

7. Hulle tel die beeld op hulle skouers en dra dit rond. As hulle dit op ’n plek neersit, staan dit net daar. Dit kan nie roer nie. Selfs al skreeu jy vir die beeld kan hy jou nie antwoord nie. Uit jou probleme kan hy jou nie uithelp nie.

8. Dink ’n bietjie hieroor na en besluit vir julleself. Julle wat so in opstand is teen My, moet julleself ondersoek.

9. Laat julle gedagtes teruggaan na alles wat lankal al gebeur het. Ek is tog mos die enigste God. Daar is nie nog ’n ander een buiten My nie.

10. Net Ek kan sê wat uiteindelik gaan gebeur. Ek kan voor die tyd al praat oor die dinge wat selfs nog nie eens gebeur het nie. Wat Ek besluit het, staan vas. Wat Ek wil laat gebeur, gebeur uiteindelik.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46