Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 4:1-3 Die Boodskap (DB)

1. In daardie tyd sal sewe vroue op een man afstorm en hom smeek: “Trou tog met ons sodat ons kan sê jy is ons man en jy ons van ons verskriklike vernedering kan verlos. Jy hoef nie oor kos en klere bekommerd te wees nie, ons sal self daarvoor sorg.”

2. Maar daar kom ’n tyd waarin die Here elke boom en plant in Israel weer welig sal laat groei en sal laat vrugte dra. Dan sal die mense wat uit Israel oorgebly het, weer trots en opgewonde wees op die opbrengs van die land.

3. Dan sal almal wie se name in God se boek opgeskryf is, dié wat die verwoesting van Jerusalem oorleef het, heilig genoem word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 4