Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38:9-18 Die Boodskap (DB)

9. Nadat Hiskia gesond geword het, het hy hierdie gedig geskryf om te vertel wat met hom gebeur het:

10. Ek het gedink dat ek in my beste jare sou doodgaan en begrawe sou word, dat ek nie kans sou kry om ’n vol lewe te leef nie.

11. Ek het gedink dat ek nooit in my lewe hier op aarde weer die Here sou sien nie,dat ek maar my vriende sou moes groet.

12. Dit het vir my gevoel of my lewe in ’n oogwink van my af weggeruk word,soos wanneer ’n rukwind skielik ’n tent uit die grond uitruk en dit wegwaai,asof my lewe kortgeknip is soos die oortollige wol van ’n weefraam wat afgeknip word nadat die mat klaar geweef is. My lewe was verby!

13. Ek het probeer om nie te kla nie,maar die pyn het my oorweldig;dit het aangehou vreet aan my soos ’n leeu wat aanhou kou aan die bene van sy prooi. My lewe was verby!

14. My stem het so dun geword dat ek soos ’n swaeltjie geklink het wat piep.Ek het so baie gebid om hulp dat my oë naderhand van moegheid toegeval het.Here, ek is bang, help my, asseblief.

15. Maar wat kan ek sê?Die Here self het hierdie siekte gestuur, ek verstaan dit nie,maar ek weet dat ek vir die res van my lewe die letsels sal dra van wat ek beleef het.

16. Ek het gedink ek moet my mense groet en afskeid neem.Maar, Here, U het my gesond gemaak en ek lewe weer!

17. Dit was goed om hierdie krisis te beleef,want nou besef ek dat U my nie laat doodgaan het nie en al my sonde vergewe het.

18. Iemand wat dood is, kan U tog nie loof en prys nie.Die dooies in hulle grafte hoop nie langer op u getrouheid nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 38