Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:11-14 Die Boodskap (DB)

11. Toe sê Eljakim, Sebna en Joag vir die koning se verteenwoordiger: “Praat asseblief eerder Aramees met ons, ons kan dit goed verstaan. Moenie Hebreeus praat nie, want die wagte daar op die stadsmuur kan elke woord wat jy sê, hoor en verstaan.”

12. Maar hy was reg met ’n antwoord vir hulle: “Dink julle die koning het my net na Hiskia en na julle paar toe gestuur met sy waarskuwing? O nee, die mense wat daar op die stadsmuur is, moet dit ook hoor, want hulle gaan die lydende party wees. Dit is hulle wat, as die hongersnood kom, hulle eie ontlasting sal moet eet en hulle eie urine sal moet drink om aan die lewe te probeer bly!”

13. Hy het toe opgestaan en kliphard in Hebreeus vir die mense op die muur geskreeu: “Luister wat sê die groot koning van Assirië!

14. Moenie dat koning Hiskia julle mislei nie. Hy sal julle nooit teen my kan beskerm nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36