Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 35:1-4 Die Boodskap (DB)

1. In daardie dae sal selfs die woestyn ’n mooi plek wees.

2. Dit sal oortrek wees met die mooiste blomme. Die woestyn sal vol groot, groen bome wees soos dié wat op die Libanonberge groei. Daar sal wingerde groei wat enige tyd net sulke goeie druiwe sal dra soos dié van die Karmelberg-omgewing met landerye wat selfs vrugbaarder is as dié van die Saronvlakte. Dit sal die Here se manier wees om sy invloed in hierdie wêreld te wys sodat almal kan weet wie Hy is.

3. Hierdie nuus is bedoel om mense wat moedeloos geword het, op te beur; om dié wat voel dat hulle net nie verder kan nie omdat alles net te veel geword het, moed in te praat sodat hulle met nuwe oë na die toekoms kan kyk.

4. Gaan sê vir dié wat bang is hulle moet op die Here vertrou en hulle nie oor alles bekommer nie. Die Here is op pad om hulle vyande die les van hulle lewe te leer, en wanneer Hy daarmee klaar is, sal Hy sy mense se omstandighede verander.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 35