Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:19-24 Die Boodskap (DB)

19. Julle sal daardie vermetele volk met die taal wat julle nie kan verstaan nie, nooit weer sien nie.

20. Maar kyk na Jerusalem, die stad waarin die feeste vir die Here gehou word. Jerusalem, ’n veilige, permanente blyplek. Dit is soos ’n tent wat nooit geskuif word nie, waarvan die tentpenne stewig en vas in die grond ingekap is en die toue wat dit regop hou, nooit breek nie.

21. Daar sal die Here vir ons sy mag wys. Ons sal langs breë riviere en strome bly, maar daar sal nie vyandige skepe op vaar wat ons kan aanval nie,

22. want die Here is ons Regter, ons Wetgewer en ons Koning. Hy sal ons red.

23. Die vyand se skepe sal nutteloos wees, die toue wat die maste stewig en regop moet hou, sal los hang en die seile sal nie gespan kan word nie.

24. Nie een van die stad se inwoners sal siek wees nie. En die Here sal almal wat in Jerusalem bly, se sonde vergewe.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33