Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:12-20 Die Boodskap (DB)

12. Slaan op julle bors van hartseer oor julle welige landerye en julle vrugbare wingerde wat verwoes is.

13. Treur oor my volk se grond wat deur die dorings en onkruid toegegroei word en oor die huise waarin daar soveel vrolikheid was en oor die vrolike stad waarin daar uitbundig feesgevier is.

14. Selfs die paleis is verlate en die stad wat altyd so besig was, is leeg. Waar die wagtoring op die heuwel was, sal dit vir altyd ’n veld wees waar die wildedonkies loop en vreet en die veetroppe wei.

15. Dit sal so bly totdat die Gees van die hemel af op ons uitgestort word. Dan word die wildernis soos ’n vrugteboord en die vrugteboord word so dig dat dit vir ’n bos aangesien word.

16. Dan sal daar oral in die land reg en geregtigheid wees.

17. Dit sal die oorsaak wees dat daar vrede in die land is en almal sal vir altyd rus en veiligheid kan geniet.

18. My volk sal rustig en sonder bekommernisse in hulle huise kan bly. Hulle sal veilig en onbesorg wees.

19. Maar eers sal die vyand verwoes word soos wanneer hael die bosse tref en hulle hoofstad sal met die grond gelykgemaak word.

20. Maar God sal sy mense seën. Waar julle saai, sal die oeste geil groei van die baie water. En julle donkies en vee sal los kan loop om op die groen weivelde te wei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32