Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 17:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Die Here se boodskap om Damaskus se straf aan te kondig: Damaskus gaan ophou om ’n stad te wees; al wat van die stad gaan oorbly, is ’n puinhoop.

2. Die dorpies van Aroër sal so verlate wees dat die kleinvee daar sal gaan lê en rus sonder dat iemand hulle verwilder.

3. Israel sal magteloos wees en Damaskus sal sy onafhanklikheid verloor. Die klompie Siriërs wat oorbly, sal net so hulpeloos wees soos die noordelike stamme wat nou in Israel woon, sê die Here die Almagtige.

4. Daardie dag sal Israel se mag tot niet gaan en sy rykdom sal in armoede verander.

5. Israel sal so verlate en kaal gestroop wees soos ’n land in die Refaimvallei wat klaar geoes is en waarvan selfs die laaste koringare wat in die land agtergebly het, opgetel is.

6. Daar sal net ’n paar mense in die land oorbly, net soos daar altyd ’n paar verlore olywe oorbly nadat ’n mens die rypes afgeslaan het. Dalk twee of drie aan die heel boonste toppe of vier of vyf aan ’n ander tak, sê die Here die God van Israel.

7. Op daardie dag sal die mense weer hulp gaan soek by die Here wat hulle gemaak het, en respek hê vir die heilige God van Israel.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 17