Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 15:6-9 Die Boodskap (DB)

6. Die stroom van Nimrim wat altyd oorloop van die water, is nou so droog soos ’n woestyn. Al die gras en plante het verdroog, daar is nie meer sprake van weiding nie.

7. Die desperate vlugtelinge probeer om met soveel besittings as wat hulle kan oor die Wilgerspruit te kom.

8. Hulle gehuil kan deur die hele Moab gehoor word, van Eglaim in die suide tot by Beër-Elim in die noorde.

9. By Dibon is die rivier se water al rooi van die bloed, maar Ek gaan nog erger rampe oor die stad bring, sê die Here. Ek gaan leeus onder die oorlewendes uit Moab instuur. Daar sal niemand in die land oorbly nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 15