Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 47:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Jeremia dinge gesê wat oor die Filistyne gaan. Dit was nog voor die farao van Egipte vir Gasa aangeval het.

2. Die Here sê: “Daar kom vloedwater uit die noorde wat die hele land sal oorspoel. Dit is ’n vyand wat kom. Hy sal die land en alles daarin verwoes. Dit raak die stede en die mense wat daarin bly. Die mense sal skree omdat hulle bang is. Al die mense wat in die land bly, sal hartseer huil.

3. As die vyand verbyjaag, sal die mense die geluid van perde se hoewe en die gedreun van die wiele van oorlogswaens hoor. Verskrikte pa’s sal weghardloop sonder om eens terug te kyk waar hulle kinders is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 47