hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 47 Die Boodskap (DB)

Oor die Filistyne

1. Die Here het vir Jeremia dinge gesê wat oor die Filistyne gaan. Dit was nog voor die farao van Egipte vir Gasa aangeval het.

2. Die Here sê: “Daar kom vloedwater uit die noorde wat die hele land sal oorspoel. Dit is ’n vyand wat kom. Hy sal die land en alles daarin verwoes. Dit raak die stede en die mense wat daarin bly. Die mense sal skree omdat hulle bang is. Al die mense wat in die land bly, sal hartseer huil.

3. As die vyand verbyjaag, sal die mense die geluid van perde se hoewe en die gedreun van die wiele van oorlogswaens hoor. Verskrikte pa’s sal weghardloop sonder om eens terug te kyk waar hulle kinders is.

4. Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. Dit is ook die tyd om die mense uit Tirus en Sidon wat hulle kan kom help, af te sny. Ek sal die Filistyne wat oorspronklik van Kreta af kom, vernietig.

5. Die mense van Gasa sal in rou wees. Askelon is klaar verwoes. Hoe lank sal julle wat op die kusvlakte by die Middellandse See oorgebly het, nog huil en kla omdat julle rou?

6. Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en gedra jou stil!

7. Maar hoe kan die swaard stil wees as Ek, die Here, dit ’n opdrag gegee het om te doen? Almal in Askelon en die kusvlakte moes doodgemaak word. Ek, die Here, het gesê dat dit gedoen moet word.”