Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 35:5-14 Die Boodskap (DB)

5. Ek het bekers met wyn en bekers om uit te drink voor die Rekabiete neergesit. Toe nooi ek hulle om van die wyn te drink.

6. Maar hulle het geantwoord: “Nee, ons drink nie wyn nie. Jonadab die seun van Rekab is ons voorvader. Hy het ons opdrag gegee dat nie ons of ons nageslag ooit wyn mag drink nie.

7. Hy het ook gesê dat ons nie huise mag bou om in te bly nie. Ons moet altyd in tente bly. Verder mag ons ook nie graan of wingerde plant nie. As ons hierdie voorskrifte sou hou, sou ons lank kon bly in die land waar ons soos bywoners leef.

8. Ons was nog altyd aan Jonadab gehoorsaam en het niks van hierdie goed gedoen nie. Vandat hy ons die opdrag gegee het om nie wyn te drink nie, het nie ons of ons vroue of ons kinders enige wyn gedrink nie.

9. Ons bou nie huise om in te bly nie. Verder het ons ook nie wingerde of landerye met graan op nie.

10. Ons bly in tente en ons gehoorsaam al die voorskrifte wat Jonadab vir ons gegee het.

11. Maar toe koning Nebukadnesar van Babel teen die land begin optrek het, het ons bang geword vir die leërs van die Babiloniërs en die Arameërs. Ons het toe besluit om na Jerusalem toe te kom. Daarom bly ons nou hier.”

12. Die Here het toe vir Jeremia gesê wat hy moes doen.

13. Die Here is die God van Israel. Hy is sterker as alles en almal. Hy het gesê: “Gaan na die mense van Juda en Jerusalem toe en sê vir hulle: Leer ’n bietjie ’n les hoe om aan My gehoorsaam te wees.

14. Die Rekabiete drink nie wyn nie omdat hulle voorvader Jonadab gesê het hulle moenie dit doen nie. Ek het al keer op keer met julle gepraat, maar julle bly weier om na My te luister.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 35