Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19:3-9 Die Boodskap (DB)

3. “Sê vir hulle: Konings van Juda en mense van Jerusalem, luister na wat Ek te sê het. Ek is sterker as alles en almal, Ek is die God van Israel! Ek gaan ’n groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.

4. Ek doen dit omdat die mense nie lojaal aan My was nie, maar hierdie plek vuil gemaak het met die goed wat hulle hier gedoen het. Hulle het hier wierook vir vreemde gode gebrand. So vreemd was hierdie gode dat niemand van hulle geweet het nie. Nie vandag se mense nie, ook nie hulle voorouers of die konings van Juda nie. Die ergste is dat hulle onskuldige mense hier doodgemaak het.

5. Hulle het selfs plekke gebou waar hulle vir die god Baäl offers gebring het. Hulle het hulle eie kinders met vuur verbrand om in Baäl se goeie boekies te kom. Dit is nie iets wat Ek hulle sou beveel het om te doen nie. Om die waarheid te sê, dit het nie eens in my gedagtes opgekom om iets so verskriklik te beveel nie!”

6. Die Here sê: “Maar neem kennis, die tyd kom wanneer die naam van hierdie plek nie meer Tofet of Hinnomvallei sal wees nie, maar dit sal Moordvallei genoem word.

7. Ek sal Juda en Jerusalem se planne in die wiele ry. Ek sal toelaat dat julle vyande julle doodmaak. Ek sal dat die aasvoëls en die wilde diere julle lyke opvreet.

8. Ek sal hierdie stad so erg laat verwoes dat mense na hulle asem sal snak. Mense wat daar verbyloop, sal geskok wees en fluit van verbasing oor wat hulle sien.

9. Jerusalem sal deur vyande omsingel word wat die mense van die stad wil uitroei. Omdat kos skaars sal word, sal die ingehokte mense moed begin verloor en baie lelike dinge begin doen. Van die mense sal hulle eie kinders en vriende begin eet.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 19