Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19:11-15 Die Boodskap (DB)

11. sê vir hulle: Dit is wat die Here wat sterker as alles en almal is, sê: Soos hierdie kleipot hier voor julle in skerwe lê, so sal Ek met die mense van Juda en Jerusalem maak. Hulle sal soos hierdie kleipot wees wat nie weer heelgemaak kan word nie. Hulle sal die lyke van die mense in Tofet begrawe omdat daar nêrens anders meer plek sal wees nie.

12. Dit is wat Ek met hierdie stad en sy mense sal doen,” sê die Here. “Ek sal die stad soos Tofet maak.

13. Die mense van Jerusalem het op die dakke van hulle huise wierook gebrand om die sterre te aanbid. Hulle het ook ter wille van ander gode wyn uitgegooi om hulle tevrede te hou. Omdat hulle dit gedoen het, sal al die huise van die inwoners van Jerusalem en die paleise van die konings van Juda soos Tofet word. ’n Plek wat onaanvaarbaar is om na toe te gaan.”

14. Nadat Jeremia by Tofet gedoen het wat die Here gesê het, het hy na die stad toe teruggegaan. Hy het in die gedeelte voor die tempel gaan staan en vir almal wat daar was, gesê:

15. “Die Here is sterker as alles en almal en Hy is die God van Israel. Hy sê: Soos Ek beloof het, sal Ek slegte dinge met Jerusalem laat gebeur en met al die stede in die omgewing van die stad. Ek doen dit omdat julle so arrogant was en geweier het om na My te luister.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 19