Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir my gesê: “Gaan koop ’n kleipot. Vra dan vir ’n paar van die senior leiers van die mense en van die senior godsdienstige leiers om saam met jou te gaan.

2. Gaan by die uitgang met die naam Potskerfhek uit na die Hinnomvallei. Gaan sê daar vir hulle wat Ek sê.

3. “Sê vir hulle: Konings van Juda en mense van Jerusalem, luister na wat Ek te sê het. Ek is sterker as alles en almal, Ek is die God van Israel! Ek gaan ’n groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 19