Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:3-8 Die Boodskap (DB)

3. en op die berge en in die vlaktes. Julle het die hele land deur sulke hoë plekke gebou om afgode te aanbid. Daarom sal Ek al julle rykdom en julle kosbare besittings vir die vyand gee om te steel. Dit is die prys wat julle moet betaal vir die sonde wat julle oral deur julle land gedoen het.

4. Ek het die land vir julle as ’n kosbare besitting gegee. Dit sal uit julle hande glip en julle sal dit verloor. Ek sal julle wegstuur uit julle land na ander vreemde lande waar julle vir julle vyande soos slawe sal werk. Julle het My baie kwaad gemaak. My woede brand soos ’n vuur wat net aanhou brand en nooit ophou nie.”

5. Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met iemand wat nie op My vertrou nie, maar op ander mense. Mense is ook maar net vleis en bloed. Die een of ander tyd gaan hulle dood.

6. So iemand is soos ’n bossie in die droë veld. Die bossie staan in ’n droë deel van die woestyn, in dooierige grond. Dit is ’n gebied waar niemand regtig kan bly nie. Die toekoms lyk glad nie goed vir so ’n mens nie.

7. Maar dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

8. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig ’n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17