Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 5:7-13 Die Boodskap (DB)

7. Hulle het die Here se Naam sleggemaak. Hulle is soos ’n vrou wat nie getrou bly aan haar man nie. Sy maak skande. Sy het kinders by ’n ander man. Omdat hulle vir die afgode offers bring, gaan Ek binne ’n maand hulle landerye vernietig.”

8. “Blaas op die trompet in Gibea! Roep almal op om te kom oorlog maak. Blaas op die trompet in Rama! Gee die teken vir die oorlog. Gee die oorlogskreet in Bet-Awen! Benjamin, kyk wat Efraim agter jou rug beplan!

9. Efraim gaan sonder twyfel verwoes word wanneer hy die dag veroordeel word. Ek sê dit nou al vir al die families in Israel.

10. Die leiers van Juda in die suide steel die grond van Israel in die noorde. Hulle verskuif die grense al verder na die noorde toe. Ek gaan my straf soos water op hulle uitgooi.

11. “Efraim het seergekry. Hy is niks werd nie. Hy het mos besluit om agter dinge aan te gaan wat vir hom niks in die sak kan bring nie.

12. Ek sal vir Efraim in die noorde wees soos ’n seer wat sweer. Ek sal vir Juda in die suide wees soos iets wat vrot.

13. Wanneer Efraim sien hoe siek hy is en Juda na sy sweer kyk, sal Efraim hulp gaan soek by die groot koning van Assirië. Daardie koning sal niks daaraan kan doen nie. Hy kan nie die sweer weer gesond maak nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 5