Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 5:11-15 Die Boodskap (DB)

11. “Efraim het seergekry. Hy is niks werd nie. Hy het mos besluit om agter dinge aan te gaan wat vir hom niks in die sak kan bring nie.

12. Ek sal vir Efraim in die noorde wees soos ’n seer wat sweer. Ek sal vir Juda in die suide wees soos iets wat vrot.

13. Wanneer Efraim sien hoe siek hy is en Juda na sy sweer kyk, sal Efraim hulp gaan soek by die groot koning van Assirië. Daardie koning sal niks daaraan kan doen nie. Hy kan nie die sweer weer gesond maak nie.

14. Ek sal soos ’n leeu vir Efraim verskeur. Ek sal soos ’n jong leeu vir Juda uitmekaarskeur. Ek sal my prooi wegsleep. Niemand sal hulle uit my bek kan red nie.

15. Ek sal soos ’n leeu teruggaan na my wegkruipplek. Ek sal vir hulle lê en wag. Hulle sal na My kom soek om te erken dat hulle verkeerd was. Wanneer hulle in die nood raak, sal hulle My kom vra om hulle te help.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 5