Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 12:8-15 Die Boodskap (DB)

8. “Israel is soos Kanaän. Hy is skelm as hy dinge verkoop. Hy probeer altyd mense verkul wat by hom koop.

9. Dan spog Efraim nog en sê: ‘Ek het ryk geword. Ek het ’n miljoenêr geword. Niemand kan ’n vinger na my wys nie. Niemand kan my beskuldig dat ek oneerlik was nie.’”

10. Die Here sê: “Ek is die Here. Ek is julle God. Ek het julle uit Egipte laat wegtrek. Ek sal julle weer in tente laat bly soos die tyd in die woestyn. Toe het Ek in my tent tussen julle gebly.

11. Ek het met julle gepraat deur my boodskappers. Ek het hulle baiekeer dinge in drome laat sien om julle te waarsku. Ek het boodskappers met julle laat praat. Hulle het vir julle alles verduidelik met die woordbeelde en vergelykings wat hulle gebruik het.

12. “In Gilead bid hulle tot afgode. Daardie beelde sal verdwyn. In Gilgal offer hulle bulle. Die offerplekke daar sal inmekaarval. Dit sal word soos klippe wat uit die landerye gehaal is om dit skoon te maak en op hope gegooi is.

13. “Jakob moes Aram toe vlug. Hy moes daar skape oppas net om ’n vrou te kry.

14. Maar dit was deur sy boodskapper dat die Here Israel se nageslag uit Egipte gelei het. God se boodskapper het hulle op die regte pad gehou.

15. “Efraim het die Here kwaad gemaak. Hy moet doodgemaak word omdat hy die Here uitgetart het. Die Here sal hom straf omdat hulle sy Naam sleggemaak het.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 12