Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:3-10 Die Boodskap (DB)

3. Jou lippe is soos ’n purper lint en hoe mooi is jou mond tog nie. Jou wange agter die sluier gloei soos twee granate. Dit is mooi en aanloklik.

4. Jou nek is elegant soos die Dawidstoring en jou halssnoer blink soos 1 000 skilde.

5. Jou twee borste is soos die tweeling van ’n ribbok wat tussen die lelies wei.

6. By mirreberg en wierookberg wil ek vertoef totdat die oggendwind opkom en die nag begin verdwyn.

7. Hoe mooi is jou liggaam nie, my liefste. Alles is so volkome en volmaak.

8. Liefste, laat ons van die baie gevare af wegvlug. Kom saam met my van die Libanonsberge af, van die Amana se top, van die Senir en die Hermonberg waar die leeus en die tiere bly.

9. Jy het my hart gesteel, my lief. Jou oë se sagtheid en die krale om jou nek het my hart van liefde laat klop.

10. My liefste, hoe kosbaar is jou liefde nie vir my nie. Jou liefde is soveel beter as wyn en jou parfuum geuriger as enige spesery.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4