Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:13-19 Die Boodskap (DB)

13. Josef het Efraim aan Jakob se linkerkant en Manasse aan sy regterkant laat staan.

14. Jakob het toe sy hande oorkruis geplaas met sy regterhand op Efraim, die jongste broer, se kop. Sy linkerhand het hy op Manasse, die oudste, gesit.

15. Jakob het Josef toe geseën: “Mag die God vir wie Abraham en Isak baie lief was, naby aan hierdie twee seuns wees. En mag die God wat altyd by my was en my in alles gehelp het, julle gelukkig maak.

16. “Mag die God wat my altyd uit alle gevare gered het, by julle wees. Mag my naam en die geloof van Abraham en Isak in hierdie twee seuns voortleef. Mag hulle baie kinders en ’n groot nageslag hê.”

17. Josef was omgekrap toe hy sien sy pa het sy regterhand op Efraim se kop gesit. Hy het sy pa se hand gevat, dit op Manasse se kop gesit en toe gesê:

18. “Nee, Pa, nie so nie. Manasse is mos die oudste. Sit nou Pa se hand op sy kop.”

19. Halfkwaad het Jakob gesê: “Ek weet, my seun, ek weet wat ek doen. Manasse se kinders sal inderdaad ’n groot nasie word, maar Efraim, sy jonger broer, sal die grootste wees en sy nageslag die belangrikste, ’n groot nasie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48