Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:10-15 Die Boodskap (DB)

10. As gevolg van sy hoë ouderdom was Jakob se oë baie swak en kon hy skaars sien. Josef het toe die seuns nader gebring en Jakob het hulle omhels en gesoen.

11. Jakob het vir Josef gesê: “Ai, Josef, ek het nooit gedink dat ek jou ooit weer sou sien nie, en nou sien ek ook jou twee seuns.”

12. Josef het die kinders van Jakob se skoot afgetel en in eerbied voor sy pa gebuig.

13. Josef het Efraim aan Jakob se linkerkant en Manasse aan sy regterkant laat staan.

14. Jakob het toe sy hande oorkruis geplaas met sy regterhand op Efraim, die jongste broer, se kop. Sy linkerhand het hy op Manasse, die oudste, gesit.

15. Jakob het Josef toe geseën: “Mag die God vir wie Abraham en Isak baie lief was, naby aan hierdie twee seuns wees. En mag die God wat altyd by my was en my in alles gehelp het, julle gelukkig maak.

Lees volledige hoofstuk Genesis 48