Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 42:25-34 Die Boodskap (DB)

25. Josef het sy mense aangesê om sy broers se houers tot bo toe vol te maak met graan, elkeen se geld in sy sak terug te sit en ook vir elkeen padkos saam te gee. Alles is presies so gedoen.

26. Toe het die broers die sakke op hulle donkies gelaai en hulle is daar weg.

27. Teen die aand se kant toe hulle kamp opslaan, wou een broer voer vir sy esel gee. Toe hy sy sak oopmaak, sien hy sy geld bo in die sak.

28. “Kom kyk hier,” het hy uitgeroep, “iemand het my geld in my sak teruggesit!” Hulle moed het in hulle skoene gesak en hulle het vir mekaar gevra: “Wat is God besig om met ons te doen?”

29. Hulle het weer in Kanaän aangekom en hulle pa, Jakob, gaan groet. Hulle het alles vertel en gesê:

30. “Die man wat die hoof is van die land was baie kortaf met ons. Hy het ons sommer van spioenasie beskuldig.

31. Ons het mooi probeer verduidelik dat ons twaalf broers eerlike mense is wat almal dieselfde pa het,

32. dat die een by Pa in Kanaän is en die ander een dood is, maar dit het niks gehelp nie.

33. Die man het net aangehou dat hy ons eers sal glo as Simeon agterbly terwyl die res van ons kos vir ons families vat.

34. En toe het die man gesê: ‘Eers as julle saam met julle jongste broer na my toe terugkom, sal ek glo dat julle eerlike mense is en nie spioene nie. Dan sal ek Simeon vir julle teruggee en julle kan oral in die land rondgaan.’”

Lees volledige hoofstuk Genesis 42