Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:5-7 Die Boodskap (DB)

5. Vandat Josef die hoof van sy huis en besittings geword het, het dit met Potifar ook goed begin gaan. Die Here het alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën.

6. Josef was in beheer van net mooi alles in die huis van Potifar. Al wat Potifar nog gedoen het, was om die kos te eet wat vir hom voorgesit is.

7. Josef was goed gebou en aantreklik en Potifar se vrou het hom raakgesien. Sy het sommer reguit vir hom gesê: “Kom slaap by my.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 39