Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 37:31-36 Die Boodskap (DB)

31. Hulle het toe ’n boklam geslag en Josef se klere gevat en dit daarin gedoop.

32. Toe het die broers die kleed met die baie kleure en lang moue na hulle pa toe geneem en vir hom gesê: “Pa, ons het dit gekry. Kyk mooi of dit nie dalk Josef se klere is nie.”

33. Hy het dit onmiddellik herken en gesê: “Dit is werklik Josef se klere dié. ’n Wilde dier moes hom aangeval en verskeur het. Josef is uitmekaargeskeur!”

34. Jakob het toe opgestaan, sy klere begin skeur en ’n sak om hom gedraai. Hy was baie hartseer oor Josef se dood en het lank oor hom gerou.

35. Al sy seuns en dogters het hom probeer troos, maar Jakob kon maar net nie oor Josef se dood kom nie. Hy het vir hulle gesê: “Ek sal huilend sterf en ontroosbaar begrawe word om daar saam met my seun te wees.” Dag vir dag het Jakob oor Josef bly rou.

36. Intussen het Josef in Egipte aangekom, waar die Midianiete hom aan Potifar verkoop het. Potifar was die hoof van die Egiptiese koning se lyfwagte.

Lees volledige hoofstuk Genesis 37