Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Hier is die familiegeskiedenis van Esau of die Edomiete.

2. Esau het met Kanaänitiese meisies getrou: met Ada dogter van Elon, die Hetiet, met Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibon, die Hewiet,

3. en met Basemat dogter van Ismael en suster van Nebajot.

4. Uit Ada is Elifas gebore en uit Basemat Reüel.

5. Oholibama se seuns was Jeüs, Jalam en Korag. Al hierdie seuns is vir Esau in Kanaän gebore.

6. Op ’n dag het Esau besluit om na ’n ander land toe te trek. Hy wou van sy broer, Jakob, af wegkom. Hy het toe sy vroue, sy seuns, sy dogters en al sy werkers gevat en hulle is daar weg. Hy het al die besittings wat hy oor die jare in Kanaän versamel het, asook al sy kleinvee en grootvee, saamgeneem.

7. Esau en Jakob se besittings het net te veel geword en hulle kon nie meer saam boer nie. Die land, wat nog nie aan hulle behoort nie en waar hulle nog as vreemdelinge gebly het, was te klein vir al hulle vee.

8. Esau, dit is Edom, het in die Seïrberge gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Genesis 36