Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:26-29 Die Boodskap (DB)

26. Die seuns van Silpa, die vrou wat vir Lea gewerk het, was Gad en Aser. Hierdie is dan die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27. Na baie jare het Jakob weer sy pa, Isak, gesien. Isak het toe in Mamre gewoon. Die plek word ook Kirjat-Arba of deesdae Hebron genoem. Net soos sy pa, Abraham, het Isak ook lang tye hier gewoon.

28. Isak het 180 jaar oud geword.

29. Hy het ’n ou man geword en het in ’n goeie ouderdom gesterf. Esau en Jakob het hom toe by sy mense begrawe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35