Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:10-18 Die Boodskap (DB)

10. Abimelek het skerp geantwoord: “Jy kon groot ellende oor ons gebring het. Een van die mans kon net by jou vrou geslaap het en dan was ons almal skuldig.”

11. Abimelek het al sy mense gewaarsku: “Los hulle uit! Wie aan hierdie man of vrou vat, sal doodgemaak word.”

12. Isak het toe in daardie land vir hom grond gekry en begin saai. Die Here het hom geseën en hy het in dieselfde jaar nog uitstekende oeste gehad.

13. Kort voor lank was hy ryk, sommer skatryk.

14. Hy het groot troppe skape en beeste gehad asook baie werkers. Die Filistyne het egter jaloers geword.

15. Hulle het toe grond in al Isak se putte gegooi en dit toegestop. Hierdie putte is destyds nog deur sy pa, Abraham, se mense gegrawe.

16. Abimelek het Isak besoek en gesê: “Gaan liewers weg van ons af, want jy is nou baie ryker en sterker as ons.”

17. Isak het toe weggetrek en in die Gerarvallei gekom. Daar het hy ’n ruk lank gebly.

18. Na ’n tydjie het Isak teruggegaan en begin om stuk-stuk al die waterputte oop te grawe wat sy pa se mense nog gegrawe het. Dit was die putte wat die Filistyne na Abraham se dood toegestop het. Isak het hulle dieselfde name gegee as wat sy pa hulle genoem het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26