Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:12-19 Die Boodskap (DB)

12. Dit is hoekom sy gelag het toe sy die man oor ’n seun hoor praat het. Sara het vir haarself gesê: “My lyf is al veels te oud vir die genot van die liefde. En boonop is Abraham ook hopeloos te oud.”

13. Die Here vra toe vir Abraham: “Waarom het Sara netnou gelag? En waarom het sy gedink sy is te oud vir ’n kind?

14. Is enigiets dan vir die Here onmoontlik? Oor ’n jaar is Ek weer hier, dan sal Sara ’n seun hê.”

15. Sara het skielik bang geword en ontken dat sy gelag het, maar die Here het gesê: “O ja, jy het!”

16. Later die middag het die drie mans opgestaan en op ’n plek gekom waar hulle Sodom kon sien. Abraham het ’n ent saamgestap.

17. Terwyl hulle so stap, het die Here gedink: “Sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek met Sodom gaan doen?

18. Abraham se kinders gaan tog ’n groot en sterk nasie word en hulle sal baie mense wees. Al die volke sal Abraham ken; daarom sal dit met hulle goed gaan.

19. Van alle mense het Ek Abraham uitgesoek om my spesiale boodskapper te wees. Hy het nog altyd naby my geleef. Hy sal sy kinders van My vertel en hulle sal ook naby My leef. Hulle sal weet hoe om reg te leef en die regte dinge te doen. Daarom sal Ek nog al my beloftes aan Abraham waar maak.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 18