Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Op ’n dag het die Here weer na Abraham toe gekom. Dit was in die omgewing van Mamre naby die groot eikeboom. Abraham het by die ingang van sy tent gesit, want dit was die warmste tyd van die dag.

2. Skielik sien hy drie mans voor hom. Abraham het opgespring en die mans gaan groet.

3. Hy het laag gebuig en toe gesê: “Menere, kom asseblief nader. Moenie verder stap nie. Bly hier. Dit is ’n voorreg om u te ontvang.

4. Ek bring vir u ’n bietjie water en dan kan u sommer daar onder die boom gaan sit en u voete was.

5. “Ek kry ook gou ’n stukkie brood, dan kan u iets eet voordat u verder loop. Dit is wonderlik dat u nou juis hier by my verby moes kom.”Hulle antwoord: “Goed dan, ons sal so ’n rukkie bly. Maak maar soos jy sê.”

6. Abraham is vinnig tent toe om vir Sara te sê: “Vat gou ’n paar hande vol van jou beste fynmeel, knie dit en maak vir die mense broodrolletjies.”

7. Daarna is hy op ’n drafstap beeste toe. Hy keer ’n mooi jong kalf uit die trop en vra een van sy werkers om dit vinnig te slag en die vleis gaar te maak.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18