Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Die Here se Engel het ook nog verder gesê: “Jy verwag en binnekort sal jy ’n seun hê. Jy moet hom Ismael noem (dit beteken: ‘God het gehoor’), want die Here het jou gehoor toe jy in jou nood geroep het.

12. Soos ’n wilde donkie in die veld sal jou seun wees. Vry en ongebonde sal hy leef. Niemand sal oor hom heers nie. Teen almal sal hy hom verset en almal sal hom probeer tem. Met sy eie mense sal hy in vyandskap leef.”

13. Hagar het toe ’n naam vir die Here gegee: “U is die God wat mense raaksien en vir hulle sorg. Vandag het ek God gesien wat my raakgesien het.”

14. Tot vandag toe noem hulle die fontein die Beer-Lagai-Roï. Dit is die fontein daar tussen Kades en Bered.

15. Hagar het na Abram en Sarai teruggegaan. Na ’n ruk is haar seun gebore. Abram het die kind Ismael genoem.

16. Abram was 86 jaar oud toe Ismael gebore is.

Lees volledige hoofstuk Genesis 16