Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 13:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Lot het toe die hele Jordaanvallei vir homself gekies. Hy het toe sy oom, Abram, gegroet en ooswaarts getrek.

12. So het Abram en Lot se paaie geskei. Abram het alleen in die land Kanaän agtergebly terwyl Lot in die Jordaanvallei se groot stede gaan woon het. Na ’n ruk het hy in die buitewyke van die stad Sodom gaan bly.

13. Sodom se inwoners was egter baie slegte mense. Hulle het nie na die Here geluister nie en baie verkeerde dinge gedoen.

14. Na Lot van hom weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk net ’n bietjie om jou,” het Hy gesê. “Kyk stip in die rigting van die noorde en die suide, die ooste en die weste.

15. En wat jy ook al rondom jou sien, sal Ek eendag aan jou en jou nageslag gee.

16. Ek maak jou nageslag so baie soos die stof van die aarde. As iemand die stof kan tel, sal hulle ook jou nageslag kan tel.

Lees volledige hoofstuk Genesis 13