Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 8:5-8 Die Boodskap (DB)

5. “As dit met die koning reg is en as u van my hou, skryf asseblief ’n koninklike brief om Haman, die seun van Hammedata en ’n afstammeling van koning Agag van die Amalekiete, se opdragte te stop. Hy het beveel dat die Jode in al die provinsies doodgemaak moet word.

6. Hoe sou ek dit kon verdra om te sien hoe my volk deur so ’n ramp getref word en my eie familie uitgeroei word?”

7. Toe sê koning Ahasveros vir koningin Ester en vir Mordegai die Jood: “Kyk, ek het Haman laat ophang oor sy komplot teen die Jode en al sy bates vir Ester gegee.

8. Skryf julle nou ’n brief aan die Jode, soos julle goeddink, en stuur dit aan hulle in my naam en verseël dit met my seëlring. Onthou: ’n brief wat in die koning se naam geskryf is en met sy seëlring verseël is, kan nie teruggetrek word nie.”

Lees volledige hoofstuk Ester 8