Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:7-11 Die Boodskap (DB)

7. Koning Kores het die goed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die Here se tempel in Jerusalem weggevat het om dit in sy eie god se tempel te sit.

8. Persië se koning Kores het dit eers vir Mitredat gegee. Hy was die minister van finansies van Persië. Mitredat het ’n lys gemaak van alles wat daar was. Hy het toe die lys vir Sesbassar gegee. Sesbassar was die leier van die groep wat sou teruggaan Juda toe.

9. Op die lys het die volgende gestaan: 30 bakke van goud; 1 000 bakke wat van silwer gemaak is; 29 ander bakke;

10. 30 bekers wat van goud gemaak is. Daar was 410 bekers van silwer en 1 000 verskillende ander stukke.

11. Daar was altesaam 5 400 goed wat van goud en silwer gemaak was. Sesbassar het al hierdie goed saamgevat toe hy die Judeërs uit Babel teruggelei het Jerusalem toe.

Lees volledige hoofstuk Esra 1