Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:5-11 Die Boodskap (DB)

5. ’n Hele klomp leiers uit die families van Juda en Benjamin het besluit om terug te gaan. Daar was ook priesters en mense uit die familie van Levi wat by God se huis kon werk, en wou teruggaan. Hulle wou almal teruggaan om die tempel van die Here in Jerusalem te help bou. Die Here het hulle oorreed om te gaan.

6. Hulle bure het hulle ondersteun. Hulle het vir hulle dinge gegee wat van silwer en goud gemaak was. Hulle het ook vir die mense wat wou teruggaan, kos en vee gegee, soos Kores gesê het. Hulle het daarby nog vir hulle allerhande geskenke gegee van goed wat hulle kon gebruik.

7. Koning Kores het die goed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die Here se tempel in Jerusalem weggevat het om dit in sy eie god se tempel te sit.

8. Persië se koning Kores het dit eers vir Mitredat gegee. Hy was die minister van finansies van Persië. Mitredat het ’n lys gemaak van alles wat daar was. Hy het toe die lys vir Sesbassar gegee. Sesbassar was die leier van die groep wat sou teruggaan Juda toe.

9. Op die lys het die volgende gestaan: 30 bakke van goud; 1 000 bakke wat van silwer gemaak is; 29 ander bakke;

10. 30 bekers wat van goud gemaak is. Daar was 410 bekers van silwer en 1 000 verskillende ander stukke.

11. Daar was altesaam 5 400 goed wat van goud en silwer gemaak was. Sesbassar het al hierdie goed saamgevat toe hy die Judeërs uit Babel teruggelei het Jerusalem toe.

Lees volledige hoofstuk Esra 1