Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Toe het die Here weer met my gepraat.

2. “Mens, kyk na die berge van Israel. Sê vir hulle wat Ek vir jou gaan sê.

3. Jy moet sê: Berge wat in Israel se grondgebied is, hoor die woord van die Here, wat ook Esegiël se God is. So sê die Here vir die berge en heuwels, vir al die klowe en valleie wat daar in die berge is: Ek gaan oorlog laat aanbreek. Al die tempels vir vreemde gode wat op julle opgerig is, sal Ek laat verwoes deur die leërs van die vyand wat op julle sal kamp opslaan.

4. Al die altare wat op julle opgerig is, sal vernietig word. Ook die altare waarop wierook vir heidense gode verbrand is, sal stukkend geslaan word. Ek sal die mense wat die heidense gode aanbid, voor die altare doodmaak.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6