Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 48:25-35 Die Boodskap (DB)

25. Langsaan is die grondgebied van Issaskar, wat ook nes al die ander gebiede van die oostelike grens af tot by die westelike grens strek.

26. Dan kom die gebied van Sebulon.

27. Die gebied van Gad is suid van dié van Sebulon met dieselfde grense na die ooste- en westekant toe.

28. Die suidelike grens van Gad se gebied loop van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Middellandse See.

29. So moet jy die land onder die Israelitiese stamme verdeel,” sê die Here, die God van Esegiël.

30. “Die uitgange uit die stad Jerusalem uit moet soos volg wees: die muur aan die noordelike kant van die stad moet twee en ’n kwart kilometer lank wees.

31. Daar moet drie ingange wees wat elkeen vernoem is na stamme van Israel: Ruben, Juda en Levi.

32. Die ander drie mure om die stad moet elkeen ook twee en ’n kwart kilometer lank wees. Elkeen van hulle moet ook drie ingange na die stad toe hê. Aan die oostekant moet die ingange vernoem word na Josef, Benjamin en Dan.

33. Die ingange aan die suidekant moet vernoem word na Simeon, Issaskar en Sebulon.

34. Die ingange aan die westekant moet vernoem word na Gad, Aser en Naftali.

35. “Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees. En die naam van Jerusalem moet van vandag af wees: Die Here is daar!”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 48