Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 48:23-30 Die Boodskap (DB)

23. “Die res van die grond moet aan die stamme gegee word wat oorbly. Elkeen van hulle moet ook ’n strook van die oosgrens af tot by die wesgrens kry. Benjamin se grondgebied lê suid van die regeerder van die land se grond.

24. Suid van Benjamin se grondgebied lê dié van Simeon.

25. Langsaan is die grondgebied van Issaskar, wat ook nes al die ander gebiede van die oostelike grens af tot by die westelike grens strek.

26. Dan kom die gebied van Sebulon.

27. Die gebied van Gad is suid van dié van Sebulon met dieselfde grense na die ooste- en westekant toe.

28. Die suidelike grens van Gad se gebied loop van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Middellandse See.

29. So moet jy die land onder die Israelitiese stamme verdeel,” sê die Here, die God van Esegiël.

30. “Die uitgange uit die stad Jerusalem uit moet soos volg wees: die muur aan die noordelike kant van die stad moet twee en ’n kwart kilometer lank wees.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 48