Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 45:22-25 Die Boodskap (DB)

22. By hierdie fees moet die een wat oor julle regeer, ’n bul as offer bring vir homself en vir die hele volk.

23. Die fees hou sewe dae lank aan. Tydens die sewe dae van die fees moet julle regeerder elke dag ’n offer vir die Here bring. Hy moet sewe bulle en sewe skaapramme na my huis toe bring. Hulle mag nie gebreklik wees nie. Die regeerder moet dan ook nog elke dag ’n bokram as offer bring om die volk se sondes te versoen.

24. Saam met sy offers moet hy sestien kilogram meel offer, en vier liter olie by elke sestien kilogram meel.

25. “Op die vyftiende van die sewende maand moet julle ook begin feesvier. By hierdie fees moet die regeerder ook sewe dae lank die offers van vleis en graan en olie bring, nes by die fees wat die volk se uittog uit Egipte herdenk.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 45