Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 43:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Toe het ek saam met die man teruggeloop na die ingang aan die oostekant van die huis van die Here.

2. Die volgende oomblik het die Here daar aan ons verskyn. Uit die oostekant uit het die God van my volk Hom op ’n spesiale manier aan ons bekendgemaak. Toe die Here praat, het dit geklink soos groot riviere wat oor hulle walle stroom. Hy het soos ’n helder lig, soos die son, geskyn. Alles was verlig rondom ons.

3. Wat ek hier van Hom gesien het, was dieselfde as daardie dag toe Hy my die opdrag gegee het om aan te kondig dat Jerusalem verwoes gaan word. Dit was ook dieselfde as wat ek langs die Kebarrivier gesien het. Ek het op my gesig voor die Here neergeval.

4. Toe het die Here deur die oostelike ingang in sy huis ingegaan.

5. Dit was of die Gees van die Here my optel en my saamvat. Die volgende oomblik het ek in die voorste deel van die huis van die Here gestaan. Die hele huis was vol van die Here se teenwoordigheid.

6. Die man wat die huis van die Here gemeet het, het langs my gestaan. Toe hoor ek Iemand praat met my. Dit was die Here self.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 43