Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 40:22-30 Die Boodskap (DB)

22. Sy vensters en ingang en die tekeninge van palmbome het nes dié gelyk van die ander ingang. ’n Mens moes ses trappe klim om hierdie ingang te bereik. Agter was nog ’n ingangsportaal.

23. Daar was ook ’n gebou regoor die binneste ingang, teenoor die ingang aan die noordekant. Dit het net so gelyk soos die ingang aan die oostekant. Die man het toe die afstand tussen die twee ingange gemeet. Dit was 50 meter.

24. Daarna vat die man my na die suidekant toe. Hier was ook ’n ingang met net sulke geboue as by die ander twee ingange. Die man het hulle ook gemeet, en dit was presies dieselfde as die ander geboue.

25. Ook hier was vensters, en die opening was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd.

26. Daar was ook sewe trappe wat jy moet opklim om by die ingang te kom. En agter was ook ’n ingangsportaal. Teen die mure was daar ook prente van palmbome.

27. Aan die suidekant was daar ook ’n ingang met ’n gebou teen die huis van die Here se kant. Die man het die afstand tussen die buitenste ingang en die binneste ingang gemeet. Dit was 50 meter.

28. Daarna het hy my na die binneste ingang van die suidelike toegang geneem. Hy het hierdie opening gemeet. Dit was dieselfde as die ander ingange tot die huis van die Here se terrein.

29. Ook die kamers aan die kante en die ingangsportaal was presies net so groot soos die ander ingange tot die huis van die Here se kamers en portale. Die gebou en die ingangsportaal het ook vensters in gehad, en dit was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd.

30. Elke ingang het ’n ingangsportaal gehad na die binneste opening toe. Hierdie portaal was twaalf en ’n half meter lank en twee en ’n half meter wyd.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 40