Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 20:44-49 Die Boodskap (DB)

44. Daardie dag sal Ek weer my groot Naam beskerm deur julle julle slegte dade te vergewe en julle skuld af te skryf, alhoewel julle diep in julle harte steeds sleg is. As julle dit sien, sal julle nie anders kan nie as om te weet en te erken dat Ek die Here is.”

45. Die Here het verder vir my gesê:

46. “Mens, kyk na die suidekant en sê die volgende woorde. Praat met die woestyn.

47. Sê vir die suidelike woestyn die Here, die God van Esegiël, sê: Hoor die woord van die Here! Ek steek jou aan die brand, bos. Elke boom sal afgebrand word, al die groen en die droë bome. Die verskriklike vlamme van die brand sal nie geblus kan word nie. Alles sal vernietig word, van die suide tot in die noorde.

48. Die hele wêreld sal besef dat Ek die vuur aan die brand gesteek het. Dit kan nie geblus word nie.”

49. Toe sê ek: “Ag, Here my God, die mense sê al van my dat ek heeldag in raaisels praat. Hulle verstaan nie wat ek sê nie!”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 20